Local newsNews

OPVOLG: Johan Rossouw stabiel na nog ‘n terugslag

Johan was met sy motorfiets vanaf Witrivier na Mbombela onderweg, toe hy op pad werk toe met 'n bakkie gebots het.

MBOMBELA – Johan Rossouw, die 32-jarige reaksiebeampte van Divergent Ops wat Saterdag in ‘n ernstige ongeluk op die R40 betrokke was, sterk ondanks ‘n terugslag goed aan.

BREAKING NEWS: Local seriously injured in motorcycle acciden

Johan was met sy motorfiets vanaf Witrivier na Mbombela onderweg, toe hy op pad werk toe met ‘n bakkie gebots het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, hoewel daar beweer word dat ‘n rooi Isuzu-bakkie by die Lanboukollege-kruising, voor hom ingedraai het.

Hy het ernstige inwendige beserings opgedoen en moes Sondag ‘n noodoperasie ondergaan. Sy pa, Gert, sê dat hy Woensdag in Milpark Hopsitaal ‘n terugslag beleef het en moes weer aan suurstof gekoppel word.

BREAKING NEWS: Well-known Hazyview businessman shot

Hy wil egter nie veel uitbrei oor die presiese omvang van Johan se beserings nie en of die noodoperasie ‘n sukses was nie.

“Hy het gisteroggend (Donderdag) ‘n opersasie aan sy knie ondergaan, wat ook in die ongeluk ernstig seergekry het,” het hy gesê.

Betty’s Haven loses everything in fire

Sy werkgewer, Jacques Meiring, het die gemeeskap bedank vir hulle volgehoue ondersteuning en gebede.
Johan was teen druktyd steeds in die intensiewesorgeenheid en van suurstof afhanklik.

‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek, maar dit is nie bekend of enige arrestasies gemaak is nie.
Divergent Ops hanteer die saak namens die familie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button