Local newsNews

Uitblinkers het nie genoeg hande vir al die trofeë

'n Hele paar top presteerders van Komatipoort Akademie se laerskool is verlede Woensdagaand met arms vol trofeë beloon vir 'n jaar se harde werk.

KOMATIPOORT – Leerlinge se toewyding aan hul skoolwerk het vrugte afgewerp toe talle met sertifikate, geskenkbewyse en trofeë verlede Woensdagaand by Komatipoort Akademie se laerskoolprysuitdeling weggestap het.

Ds Gerhard van Rhyn het leerders gevra waar hulle fokus is en gesê dat God ons oproep om met baie toewyding vir hom te lewe. “Kinders moet geleer word dat hulle steeds hard moet werk in alles wat hulle doen, al is hulle nie een van die paar wat ‘n prys aan die einde ontvang nie.”

Skoolhoof Ormond Lombard het daarna ‘n Engelse storie met die gehoor gedeel wat bewys het watter verskil onderwysers in ‘n kind se lewe maak en die onderwysers bedank vir die positiewe invloed wat hulle op die Komati-leerlinge het.

KYK: American teacher pranks students with fake spelling test

Dié van grondslagfase is daarna per klas op die verhoog geroep en beloon vir prestasies op verskillende gebiede.

Verskeie leerlinge in gr. 4 tot 7 het arms vol trofeë en pakke sertifikate verwerf.

Christn Engelbrecht was die beste presteerder in Afrikaans, Engels, wiskunde, NW, SW en lewensvaardigheid, beste presteerder in gr. 4 en deel die trofee vir beste veldatleet met Inge Diedericks. Sy ontvang trofeë vir veelsydigste sportfiguur, eisteddfod-sang en -musiek en is gekies as ambassadeur in gr. 4.

Onderhoof Stephan du Plessis en Christn Engelbrecht, wat as veelsydigste sportfiguur gekroon is.

Lourens Preller het die beste in gr. 5 in Afrikaans, Engels, wiskunde, NW en SW presteer en is ook as die graad se beste presteerder aangewys. Hy het die Dit Maak Saak-trofee vir Afrikaans en beste tennisspeler gekry.

Die sportseun van die jaar was Fernando Coetzee.

Fernando Coetzee is aangewys as die sportseun van die jaar.

Melize Lindeque het talle erkennings ingepalm. Sy het die beste presteer in Afrikaans, NW en SW, was die beste presteerders in gr. 6, het die trofee ontvang vir die beste rolvertolking in die revue, die Dit Maak Saak-trofee vir Afrikaans, Jan Engelbrecht-trofee vir Beste Afrikaanse Kreatiewe Skryfwerk, Kitty Maree-trofee vir dogter met die hoogste gemiddeld vanaf gr. 4 tot 6 ontvang en is geskies as die ambassadeur in gr. 6.

LEES: Studie onthul die beste beroepe vir jongmense

Edwin Ferreira het die beste presteer in Engels en wiskunde, en het die Jan Engelbrecht-trofee vir Best English Creative Writing and die Jan Maree-trofee vir die seun met die hoogste gemiddeld vanaf gr. 4 tot 6 ontvang.

Onder die gr. 7’s moes Cornelis van Dyk ook naderhand sy trofeë op die verhoog pak. Hy het die beste presteer in tegnologie, EBV en LO, en was die beste presteerder in die graad. Hy het trofeë ontvang vir beste prestasie in eisteddfod-voordrag, die Rina Potgieter-trofee vir die hoogste punt vir ‘n individu, redenaar van die jaar, beste rolvertolking deur ‘n hoofrol, Kultuur Omvattend en rugby-agterspeler van die jaar. Hy is ook die ambassadeur van die graad.

Zaynab Ameer was die beste presteerder in Afrikaans, Engels, NW, SW en skeppende kuns en het die Dit Maak Saak-trofee vir Afrikaans ontvang.

Charlese van Staden was die netbalspeel-ster van die jaar, hokkiespeelster van die jaar en sportdogter van die jaar.

Charlese van Staden, sportdogter van die jaar.

Hoofleiers Cornelis van Dyk en Nina van der Schyff het met baie humour teruggekyk op hul skoolloopbaan in Komatipoort Akademie en daarna is die nuwe leiers en hoofleiers aangewys.

Die hoof het besluit om vanjaar ook by die laerskool ‘n spesiale toekenning te gee en het dit aan Cornelis van Dyk oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button