Local newsNews

OPVOLG: Jongman herstel goed na koeël verwyder is

Thys sê dat die ondersteuning deur nie net die Laeveld nie, maar die hele land, oorweldigend was en hy het sy dank daarvoor betoon.

HAZYVIEW – Andries Ruthven, die 30-jarige sakeman wat verlede week ‘n koeëlwond in die rug oorleef het, sterk
goed aan.

Video of attack on Andries Ruthven, emerges

Andries is omstreeks 22:00 Donderdag deur ‘n onbekende getal verdagtes ingewag, waarna hulle op hom losgebrand het.

Een koeël het hom in sy rug getref, waarna die verdagtes met leë hande laat spaander het.
Sy pa, Thys, sê hy het Dinsdag sjirurgie ondergaan en behoort binnekort vanuit die intensiewe sorgeenheid oorgeplaas te word. “Die koeëlpunt is suksevol uit sy borskas verwyder,” het hy gesê.

Father recalls finding son covered in blood 

Hy is baie tevrede met hoe sy seun by Mediclinic Nelspruit behandel en versorg word. “Die dreineringspyp asook sy drip is Woensdag verwyder,” het hy bygevoeg.

Geen verdagtes is nog aangekeer nie.

Thys sê dat die ondersteuning deur nie net die Laeveld nie, maar die hele land, oorweldigend was en hy het sy dank daarvoor betoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button