Local newsNews

Kersloffees bereik nuwe hoogtes met gedigte en sang

Die jaarlikse konsert is vanjaar 'n bietjie anders aangepak.

MBOMBELA –  Sondag se Kersloffees by i’langa Mall was die 13de aflewering van dié geliefde tradisie op die dorp se Kerskalender.

Soos elke jaar was daar Kerssang uit die boonste rakke, maar vanjaar is die liedere regdeur die program met gedigte afgewissel.

So is vertellings van die Kersverhaal afgewissel met “Stille Nag” soos gesing deur die gewilde Binnelanders-akteur, Germandt Geldenhuys.

Foto: Iconic Management

Hy het ook ‘n hele paar gedigte voorgedra. So is “Somer Kersfees Wens” gevolg deur Anne-Mari White wat “Somer Kersfees” gesing het. Dié partoon is deur die konsert gevolg en het groot byval by die gehoor gevind.

Foto: Iconic Management

Ander plaaslike kunstenaars wat opgetree het, was Jason Lee en Eugene Jacobs asook Anton van Zyl met sy musiekgroep.

Foto: Iconic Management

Organiseerder Koos Schoonraad sê die gehoor het Geldenhuys veral baie geniet. “Hy het ‘n fantastiese stem. Mense was heeltemal verbaas oor hoe goed hy sing.”

Foto: Iconic Management

Ander bekende name wat by die fees opgetree het was sangers Rudi Muller, Willie Joubert en Leon Ferreira sowel as die groep Onbeskaamd. Die aand is afgesluit met ‘n vertoning deur Manne Wat Glo.

Foto: Iconic Management

Dieselfde oggend is ‘n spesiale tee vir bejaardes gehou – ook by die inkopiesentrum. Die plaaslike sangers sowel as Geldenhuys het die oggend die vermaak verskaf.

Foto: Iconic Management

Volgens Schoonraad was die aand se opkoms sowat 600 mense – min of meer dieselfde as verlede jaar. Dit is egter moeilik om presies te bepaal, aangesien die konsert gratis is – ‘n donasie vir welsyn word slegs gevra.

“Dit is interessant dat die kollekte meer was as verlede jaar,” sê hy. Daarmee kon hulle bykans R5 000 aan beide Radio Laeveld se Met Hart-inisiatief en Huis Betlehem skenk.

“Ons is baie bly dit is so goed ondersteun. Die terugvoer van die gehoor was ook baie positief. Een man het die aand vir my gesê hy was by al 13 Kersloffees-konserte en hierdie een was by verre die beste nog. Hy het gesê ons sal nooit beter as dit kan doen nie.”

Foto: Iconic Management

Watwou, maak maar reg om volgende jaar weer meegevoer te word met gewyde vermaak sonder eweknie.

Foto: Iconic Management

Sien meer van vorige konserte hier: Kersloffees vier geloof, hoop en liefde  en Laudate Choir to take on the world at World Choral Games

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button