Laerskoolatlete stroom na Witrivier vir Robbies se Vinnige Voete byeenkoms
Dié naweek vol spogatletiek sal nog lank onthou word.

Saterdag het Maseko laerskoolatlete van die Laeveld tydens 21st Century se Vinnige Voete-byeenkoms kom inspireer toe hy saam met vier atlete van Laerskool Witrivier aan die wedloop van kampioene deelgeneem het. Hy het op die 100 meter merk weggespring, met twee o/10-atlete op die 80 meter merk en twee o/9-atlete by die 70 metermerk.
Maseko het hulle net voor die wenstreep verbygesteek en sy wedloop in ‘n vinnige 10,60 sekondes voltooi. Meer as 1 200 atlete van Barberton, Malelane, Numbi, Bergland, Laeveld, Nelspruit, Witrivier en Nelspruit Primary het aan dié byeenkoms deelgeneem.
Vroegoggend het die reënweer die byeenkoms vertraag en het sommige items nie betyds afgeskop nie. Gelukkig kon dit later in die program ingewerk word en het alle items uiteindelik plaasgevind.
Dié naweek vol spogatletiek deur sewe- tot 18-jariges sal nog lank onthou word.
‘n Goeie platform is hier deur die gasheerskole, Rob Ferreira en Laerskool Witrivier aan die besoekende skole verskaf om hul atlete genoegsame geleentheid tot deename te bied.
Greg Bisaro (tesourier).






