Local newsNews

Romanse by interhoër 2019

Duan Bekker het vir 'n bietjie romanse by die wenstreep Saterdag gesorg toe hy sy vriendin, Zanelle Moller, amptelik gevra het om hom later vanjaar na hul matriekafskeid by Hoërskool Nelspruit te vergesel. 

MBOMBELA – Duan het vir Zanelle na die 400 m-hekkies met ‘n groot bos blomme ingewag om die groot vraag te vra. Sy het natuurlik ingestem.

Sy het dié wedloop vir dogters o/19 in ‘n tyd van 1:09,39 gewen.

Sy het later ook silwer in die 100 m-hekkies gewen – in ‘n tyd van 17,30. Die skool se Cherise van Duyker het die item in 17,26 sek. gewen.

Zanelle het uiteindelik saam met die Nellies se o/19-dogterspan ook in die 4X 100 m-aflos goud verower.

KYK OOK: 70ste Mediclinic Nelspruit Interhoër

Duan het die dag ‘n silwermedalje in seuns o/19-spiesgooi behaal met ‘n afstand van 48,35 meter. Die goue medalje is aan Neil Henning, ook van NHS, toegeken vir sy gooi van 52,12 meter.

Dít was voorwaar ‘n onvergeetlike manier om die laaste interhoër van jou skoolloopbaan af te sluit.

SIEN MEER: Interhigh 2019 – Hoërskool Nelspruit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button