Local newsNews

Veel bekroonde skrywer en joernalis kom vertel sy storie

Chris Karsten, besoek eersdags die Laeveld as deel van Laevelder se Pen in my Hand-boekegeleentheid.

MBOMBELA – Die veel bekroonde skrywer en joernalis, Chris Karsten, besoek eersdags die Laeveld as deel van Laevelder se Pen in my Hand-boekegeleentheid.
Karsten, wat in Morgenzon in Mpumalanga gebore is, kom gesels op 7 Maart meer oor sy lewe as skrywer.

Book launch of Genesis of a Garden

Vele fiksie- en nie-fiksieboeke het al uit sy pen gevloei, insluitend sy nuutse roman Koms van die Motman. Dit word in Oktober vrygestel.
Karsten sê dat hy wel nie veel sal kan uitwei oor dié boek nie, behalwe dat dit ‘n “soort opvolg gaan wees op Seisoen van Sonde, een van my eerste spanningsverhale, waarin die hoofkarakter ‘n skoenlapperboer is”.
Sy loopbaan as joernalis het hom ook beïnvloed en het gelei na die True Crime-reeks wat die stories agter vele Suid-Afrikaanse misdade vertel.
Hy nooi graag aanhangers van al sy boeke na die geleentheid uit en sê hulle is ook meer as welkom om boeke saam te neem indien hulle wil hê hy moet dit teken.
Die geleentheid vind by A Bica-koffiewinkel plaas. Kaartjies vir die geleentheid kos R50 en sluit ‘n aansitete in. Bespreek jou plek by die koffiewinkel by 062-422-6842. Dit begin om 18:00.

Action on Mala Mala land deal expected

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button