Local newsLocal sportNewsSport

Witrivier se rugbyspanne laat hulleself geld

Die program het spanne van Limpopo, die Laeveld en Hoëveld en selfs Swaziland ingesluit.

Witrivier se rugbyspanne het hulle goed laat geld tydens Malelane Rugbyklub se onlangse jaarlikse rugbynaweek.

Dié geleentheid het weer vir spanne uit verskillende ligas die kans gegun om hul vaardighede voor die seisoen te peil.

Die program het spanne van Limpopo, die Laeveld en Hoëveld en selfs Swaziland ingesluit en ondersteuners en spelers het Vrydagaand en Saterdag onder die koeltebome kamp opgeslaan om die vriendskaplike wedstryde te geniet.

Uplands XV en KaMhlushwa se o/19-span het die naweek afgeskop. Hoewel KaMhlushwa se jongelinge baie vaardig was, het Uplands se ervare span die oorhand gehad.

Daarna het Malelane se tweede span met ‘n gelykoptelling (12 elk) teen Witrivier se derdes geëindig.

Saterdagoggend het Witrivier se tweede span hulle verder goed van hul taak gekwyt deur 41-7 met Ohrigstad se Ratels af te reken.

Die Letaba Rugbyklub het die hele pad van Tzaneen af gekom om teen Witrivier 1 uit te draf. Ten spyte van hul geesdrif kon hulle egter nie punte aanteken nie en moes kyk hoe Witrivier die drieë inryg om met 73-3 te wen.

Al die spanne het nou slegs ‘n paar weke oor voor die nuwe rugbyseisoen na verwagting in April begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button