Local newsNews

FOTO’S: Gereformeerde Kerk basaar 2019

Vroeg Saterdagoggend was die pannekoekmengsel reeds gereed en het die vlaggies vrolik gewapper vir die Nelspruit Gereformeerde Kerk se jaarlikse basaar.

MBOMBELA –  Daar was meer as genoeg stalletjies om van te kies en te keur soos ‘n witolifanttafel, tuisgemaakte konfyt en blatjang, hekel- en breigoed.

LEES OOK: Dié basaar is op ‘n eg tradisionele lees geskoei

Jy kon ook smul aan ‘n verskeidenheid kosse – alles van die tradisionele kerrie-en-rys tot koeke en poedings. Ds. Thys Lourens het sy heel eerste basaar saam met die gemeente gevier.

“Dit is vir my lekker om te sien hoe almal bymekaar gekom het en hoe hard ons gemeente gewerk het om van die geleentheid ‘n sukses te maak,”

het Lourens gesê.

LEES OOK: Gemeente se basaar ‘n plek waar almal bespaar

Hy het self ook aan die basaar deelgeneem en het sy eie souse gemaak en verkoop om fondse vir die kerk in te samel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button