SAVF Rustig hou basaar vir opgraderrings in die tehuis
Vir meer inligting oor die tehuis en hoe jy betrokke kan raak by hul projekte of fondsinsamelings, besoek gerus hul Facebook-blad.

WITRIVIER – Die Laeveldse gemeenskap het hande gevat om SAVF Rustig Ouetehuis se basaar wat Saterdag by die NG Kerk Witrivier gehou is, moontlik te maak.

Kerke van regoor die Laeveld, waarvan die meerderheid in Witrivier is, het almal stalletjies by die basaar gehad en die winste daarvan aan die tehuis geskenk.

Rustig het ook hul eie stalletjie gehad wat tuisgemaakte produkte soos blatjang en konfyt en ook houtdekorstukke ingesluit het. Die kerrie-en-rysstalletjie was ‘n hoogtepunt en voor 11:00 was al hulle voorraad uitverkoop.

“Ons is so dankbaar dat die gemeenskap ons so kom ondersteun het vandag,”
het die tehuis se SAVF-diensvoorsitter, Hannatjie Douglass gesê.
LEES OOK: Community brings hope for SAVF Silverdays

Vir meer as 30 jaar hou hulle al hul basaar wat as een van hul grootste fondsinsamelingsprojekte van die jaar dien.

“Die Here seën ons so. Ons is besig met ‘n projek waar ons vir van die kamers en suite-badkamers bou en die opbrengste van die dag gaan aan hierdie projek gewy wees,” verduidelik Douglass.

LEES OOK: FOTO’S EN VIDEO: Die Care Buddies bring glimlagte na Alzheimer pasiënte
