Boodskap van die Stadsbestuurder
Die Stad Mbombela verwelkom ‘n ieder en elk van u na die 2019 Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees. Dié jaar herdenk ons die 16de bestaansjaar van die bekroonde Kunsfees met die tema “Vuur en Vlam”.

Die Stad Mbombela is trots om weereens die tuiste van die Kunstefees te wees. Mbombela en sy inwoners sien jaarliks uit na die week wanneer ons duisende mense en besoekers van reg oor die land in ons Stad kan verwelkom.
Mbombela streef daarna om ‘n stad van uitmuntendheid te wees en ons is veral bekend vir ons uitmuntende gasvryheid. Die Innibos fees bied ‘n geleetheid vir die mense van Mbombela om kuns en kultuur te geniet op ‘n platvorm wat mense van alle gemeenskappe nader aan mekaar bring en help om die Leaveld se diverse kultuur te geniet en wardeer. Ons ryke kulturele erfenis van ons gemeenskap moet behoue bly vir toekomstige generasies.
Innibos speel ‘n sleutel rol in die verband, en die Stad Mbombela sal voortgaan met ons volgehoue ondersteuning aan die Laeveld Nasionale Kunstefees. Mense van heinde en verre sien dalk die Laeveld in al sy glorie vir die eerste keer.
Ek nooi graag besoekers in ons stad uit om die tyd aan te wend om meer van die Laeveld te sien terwyl hulle Innibos geniet. Daar is talle toerisme kantore reg oor die Stad wat u sal kan help om u tyd in Mbombela optimaal te benut.
Ons het wêreldklas restaurante en winkelsentrums waar toeriste van ons plaaslike produkte en kuns kan koop. As u meer avontuurlustig is kan u ook die Nasionale Kruger Wildtuin, Hazyview, Witrivier of Barberton besoek.
Geniet die 2019 Innibos fees want hier in die Laeveld en Mbombela is ons “Vuur en Vlam”
Neil Diamond
Munisipale Bestuurder
Die Stad Mbombela
