Local newsNews

Partners for Possibility en sakelui ‘n oplossing vir SA se opvoedingskrisis

Hul leuse is "munye ngamunye" - om elke betrokke persoon tot hul volle potensiaal te ontwikkel.

MBOMBELA – Partners for Possibility (PfP) is vir Dennis Wevell ‘n saadjie wat hulle plant: die oes is ‘n oplossing vir die land se opvoedingskrisis. As deel van PfP het Wevell ‘n leervennootskap met die skoolhoof van John Mdluli Primary School in Mataffin aangegaan.

Hul leuse is “munye ngamunye” – om elke betrokke persoon tot hul volle potensiaal te ontwikkel. PfP is ‘n leervennootskap tussen skoolhoofde en sakeleiers met die oogmerk om teen 2025 gehalteonderrig vir alle kinders in die land te verseker. Dit bevorder ook sosiale samehorigheid deur skole.

Die wenspan-(l-r) Abel Malaza, Annette Wolhuter, Dennis Wevell, Michael Makhanya, Yvonne Mazibuko en Lindiwe Maphanga.

LEES OOK: Penryn Preparatory celebrates World Book Day in style

Wevell se span is Abel Malaza en Annette Wolhuter van Mugg & Bean Riverside, Yvonne Mazibuko van Milky Lane Riverside, Beauty Nkosi en Lindiwe Mapanga van Wimpy Riverside en Mike Makhanye van Wimpy Grove. Malaza is reeds ‘n sprekende voorbeeld van die ontginning van potensiaal – hy is pas aangestel as ‘n Mugg & Bean-franchisehouer in ‘n proefneming wat Famous Brands saam met hulle doen.

LEES OOK: Little ones have big dreams for the future

Famous Brands het ook hul deelname aan PfP moontlik gemaak. “Dis ‘n spanpoging,” sê Wevell. “Verskeie instansies en individue in die gemeenskap steek hand uit om ‘n beter land te bou.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button