Sakelui en opvoeders vat hande
MBOMBELA - Partners for Possibility (PfP) is vir Dennis Wevell 'n saadjie wat hulle plant: die oes is 'n oplossing vir die land se opvoedingskrisis.

As deel van PfP het Wevell ‘n leervennootskap met die skoolhoof van John Mdluli Primary School in Mataffin aangegaan. Hul leuse is “munye ngamunye” – om elke betrokke persoon tot hul volle potensiaal te ontwikkel.
PfP is ‘n leervennootskap tussen skoolhoofde en sakeleiers met die oogmerk om teen 2025 gehalteonderrig vir alle kinders in die land te verseker. Dit bevorder ook sosiale samehorigheid deur skole.
ALSO READ: The KLCBT awards get a new look
Wevell se span is Abel Malaza en Annette Wolhuter van Mugg & Bean Riverside, Yvonne Mazibuko van Milky Lane Riverside, Beauty Nkosi en Lindiwe Mapanga van Wimpy Riverside en Mike Makhanye van Wimpy Grove.
Malaza is reeds ‘n sprekende voorbeeld van die ontginning van potensiaal – hy is pas aangestel as ‘n Mugg & Bean-franchisehouer in ‘n proefneming wat Famous Brands saam met hulle doen. Famous Brands het ook hul deelname aan PfP moontlik gemaak.
“Dis ‘n spanpoging,” sê Wevell. “Verskeie instansies en individue in die gemeenskap steek hand uit om ‘n beter land te bou.”
Hierdie Friends of Matsafeni onderneem verskeie projekte by John Mdluli Primary. Die vernaamste is vroeëkinderontwikkeling in samewerking met Penreach.
Hulle omskep die biblioteek in ‘n inligtings-hub saam met Penryn. Nelspruit Primary en Wynand Viljoen (oud Primary-hoof) help met die indiensnemingproses. Die opleiding en ontwikkeling van die leerlinge se leierskap word saam met Hoërskool Nelspruit se Nico Grobler bedryf.
ALSO READ: Penryn Preparatory celebrates World Book Day in style
Mike Martin lei die skool se eie spuitspan op en Jennifer Shormann is betrokke by die insluiting van die geskiedenis van Matsafeni by die kleuters se lesse. Bobo Lukhele bring haar passie vir lees na die tafel.
Om assistentonderwysers vir beter gehalteonderrig aan te stel, samel hulle fondse in en bespaar – soos deur ‘n boorgat en herwinningprojekte waarby verskeie restaurante, insluitend Turn & Tender, Cicada, Nando’s, John Dory’s, Wimpy Grove, Wimpy Riverside Mall, Mugg & Bean Riverside Mall en Milky Lane betrokke is.
“Ek staan verstom oor die passie en toewyding van die onderwysers en die moed waarmee hulle daaglikse uitdagings aanpak,” sê Wevell. “Dit is ‘n eer om saam met hulle te werk. Sy droom is dat sy span se bekers oorloop na die mense rondom hulle, en met PfP gebeur dit beslis. “Die tafel is voorwaar gedek vir die Friends of Matsafeni om ‘n verskil te maak,” sluit Wevell af.
