Local newsNews

Só probeer onnies liefde vir wiskunde aanwakker

Deur op pi, 'n wiskundige konstante, klem te lê, is gepoog om leerders se belangstelling in die vak aante help.

MBOMBELA – Pi is soveel meer as ‘n geurige southappie. Hedendaagse wiskundeonderwysers is op ‘n missie om van elke leerling ‘n liefhebber van die vak te maak.

Hoërskool Bergvlam se wiskundedepartement is (voor) Gerhard van der Walt, Riekie du Preez, Quintin Taljaard, (agter) Lindie Roux, Joan van Tonder, Esmarie Grobler, Magda Wolmarans en Janine van der Merwe.
Hoërskool Bergvlam se wiskundedepartement is (voor) Gerhard van der Walt, Riekie du Preez, Quintin Taljaard, (agter) Lindie Roux, Joan van Tonder, Esmarie Grobler, Magda Wolmarans en Janine van der Merwe.

Daarom het Hoërskool Bergvlam verlede Donderdag Pi-dag gehou. Die tema vir die dag was “Insπre” (inspire) en het gefokus op Pi (π). Die leerlinge en onderwysers het T-hemde wat met die simbool op gedruk is, gedra.

Magda Wolmarans, Lindie Roux, Joan van Tonder, Skhumbuzo Mahlangu, Riekie du Preez, Krystle Mahlangu, Quintin Taljaard, Esmarie Grobler en Janine van der Merwe.

“Hier by die Vlammies herdenk ons elke jaar op die 14 Maart wiskunde,” het die skool se wiskundedepartmentshoof, Joan van Tonder, gesê. “Hierdie jaar het elkeen ook ‘n lekker King Pie geëet.”

Deur op pi, ‘n wiskundige konstante, klem te lê, is gepoog om leerders se belangstelling in die vak, wat soms senutergend kan wees, te bevorder.

LEES OOK: Bergvlam’s Louise Fullard achieves at National Teaching Awards

Voor: Jeanmari Clasens, Elisna Brink, Evanke Stevens, (agter) Jacques Botes, Beja Goedhart, Christiaan Bizjet, Bezané du Plessis, Jason van den Heever en Refiloe Mobeng.

LEES OOK: Vlammies gaan bos in NKW

Die jaarlikse geleentheid is ‘n bewys dat wiskundeonderwysers innoverende maniere skep om seker te maak dat leerlinge ‘n begrip en aanvoeling vir dié vak ontwikkel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button