Local newsNews

Watertoevoer is nog nie in alle gebiede herstel nie

Die dorp se watertoevoer is teen Maandagoggend herstel, nadat sekere gebiede weens fase vier beurtkrag verlede week tekorte gehad het.

MBOMBELA – Die dorp se watertoevoer is teen Maandagoggend herstel, nadat sekere gebiede weens fase vier beurtkrag verlede week tekorte gehad het. Volgens Richmond Jele, woordvoerder vir Sembcorp Silulumanzi, is watertoevoer na die hele Mbombela en Karino herstel.

Dele van Matsulu en KaNyamazane het egter nog tekorte beleef. Volgens Jele neem dit gewoonlik tot ‘n week vir die waterverspreiding in Suid-Nsikazi om na normaal terug te keer na ‘n onderbreking.

Fase 4 beurtkrag het ‘n negatiewe impak op watertoevoer.

Sembcorp Silulumanzi het verlede week gewaarsku dat die sisteem onder baie druk was omdat hulle nie genoegsame elektrisiteit gehad het om die water te onttrek, te suiwer en te versprei nie.

Reservoirs het kritieke vlakke bereik en in sekere gebiede is dit onderbreek. Buiten fase vier beurtkrag, het foute met transformators ‘n ernstige uitwerking op voorsiening geplaas en probleme met elektriese toerusting veroorsaak. Sembcorp gebruik wel kragopwekkers by hul rioolwerke.

Reservoirs het kritieke vlakke bereok tydens die watertoevoer onderbreking.

LEES OOK: Youngsters learn all about water purification

Jele het ook gewaarsku dat hulle dit sal moet oorweeg om beurtwater in te stel as die kragtoevoerprobleme aanhou of vererger. Eskom het Sondag wel aangekondig dat hulle nie beplan om hierdie week beurtkrag in te stel nie. Dit is onder meer beter weens presterende opwekkers en herstelde diesel- en waterreserwes.

Dit sal moet oorweeg word om beurtwater
in te stel as die kragtoevoerprobleme
aanhou of vererger

Invoer van Mosambiek se Cahora Bassahidrokragsentrale is ook deels herstel nadat Sikloon Idai dit onderbreek het. Eskom het wel ook gemaan dat die risiko van beurtkrag steeds bestaan aangesien die sisteem kwesbaar is.

Die publiek word gemaan om aan te hou om krag te bespaar en enige waterprobleme aan Sembcorp te rapporteer by 086-174-5858.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button