Local newsNews

Liefde vir lees word onder jongspan gekweek

Haas Das en Bennie Boekwurm was bekende karakters op ons televisieskerms en het ure van nimmereindigende pret aan jong kinders op die kassie verskaf.

MBOMBELA – Haas Das en Bennie Boekwurm is beslis name wat elkeen wat in die tagtiger jare grootgeword het, baie goed sal ken. Dié twee was bekende karakters op ons televisieskerms en het ure van nimmereindigende pret aan jong kinders op die kassie verskaf.

Hierdie maand word Kindermaand gevier en Exclusive Books by i’langa Mall het die geleentheid gebruik om kinders in die drie- to negejarige ouderdomsgroep te vermaak deur elke Saterdag tussen 10:00 en 11:00 boekvoorlesings saam met hulle gunstelingkarakters aan te bied.

Bonisiwe Ndzinisa met Bennie Boekwurm en Haas Das.

Die winkelbestuurder, Sheldon Lehmann, het gesê: “Vir Kindermaand hierdie Maart, bied ons dubbel punte aan Fanatics-lede. Dis ons lojaliteitprogram wat ouers aanmoedig om ‘n liefde vir lees by hulle kinders to kweek.

“Ons het ook weeklikse geleenthede vir die kinders met pretaktiwitiete soos inkleur, storietyd en ‘n fotogeleentheid met die verskillend storiekarakters. Volgende week is die laaste geleentheid en ons stel die kinders aan Dr. Seuss voor.”

James Lehmann.

LEES OOK: Fund-raiser to help Logan Dyssel hear

Lehmann het ook sy dank uitgespreek teenoor die ouers wat die afgelope paar weke tussen hulle inkopies deur ‘n uur met hul kleingoed by Exlusive Books deurgebring het.

Daar is ook ‘n weeklikse trekking gehou met fantastiese pryse soos ‘n stel boeke van Haas Das en Bennie Boekwurm.
Hierdie week se wenners was Driekus Craig, Ruan Lombard en Zelda Wright.

Juhann Pieterse.

Toe Bennie Boekwurm en Haas Das uiteindelik hul verskyning maak, was die kleintjies baie in hul noppies om hulle helde te ontmoet. Elkeen, behalwe ‘n paar wat bra skrikkerig vir die kostuums was, wou graag ‘n foto met die twee neem.

LEES OOK: Sasol Secunda Operations: Education and skills development enhancement
Kinders is dol oor die karakters en een seuntjie wat nie langer kon wag om hulle in lewende lywe te sien nie, het aanhoudend gevra, “Maar wanneer sien ons vir Haas Das en Bennie Boekwurm?”

Hy was aangenaam verras toe hulle die kring binnestap en die jongspan hartlik verwelkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button