Local newsNews

Ringbalspan speel kelner om fondse in te vorder

Die klub is in 2017 gestig nadat Numbi Ringbalklub van Hazyview na Nelspruit verskuif het.

Die Nelspruit Ringbalklub het onlangs hulle lywe by RocoMamas in i’langa Mall kelner gehou. Die inisiatief was ter ondersteuning van die span wat sedert verlede jaar die gebied in dié sport verteenwoordig.

Die klub is in 2017 gestig nadat Numbi Ringbalklub van Hazyview na Nelspruit verskuif het. Dit het daartoe gelei dat ‘n aantal spelers en bestuurslede onttrek het.

Die span het egter weer vinning op dreef gekom en in 2018 onder nuwe bestuur, die klub weer herbou. Hulle ledetal het sedertdien so aangegroei dat die klub vanjaar deur ‘n manen damespan in die liga verteenwoordig word.

Die Valencia Sportkompleks is hul nuwe tuiste en ondersteuners van dié sport kan hulle Dinsdae en Donderdae om 18:00 tot 20:00 daar sien oefen. Die span ding in die Mpumalanga Laeveld-distriksliga mee en volgens klublid, Christine Horn, het hulle tot dusver gemengde welslae behaal.

Voor: Joline Van Zyl, Jolita de Beer, (agter) Cornelia Topé, Christine Horn, Cisca van Jaarveld, Liezl Aspeling, Zeelia Viljoen, Chanel Swart, Cherise Erasmus en Amor de Jager.

LEES OOK: A day in the life of a local writer

Sy sê, “Albei spanne het wedstryde gewen en verloor, maar die spanne is baie kompeterend en dit is nog glad nie ‘n uitgemaakte saak wie die ligawenners gaan wees nie.

“Daar word weekliks hard geoefen om die kwaliteit van die spel te verbeter.”

Om fondse in te samel om hul baangelde te betaal, het die span RocoMamas se personeel ondersteun deur as skadukelners op te tree. Vir die span was dit ‘n blaaskans van die spel wat fisiek veeleisend kan wees, en ook ‘n geleentheid om te ontspan en met die personeel en klante te meng.

LEES OOK: Food supplies low at local SPCA

Die aand is moontlik gemaak deur die eetplek se bestuurder Bruce Badenhorst, wat self ook ‘n ywerige ringbalspeler is. ‘n Persentasie van die aand se inkomste is aan die klub geskenk.

Volgens Horn was die geleentheid ‘n reusesukses wat die klub sal versterk asook nuwe belangstelling in die sport sal bevorder.

Die span meet komende naweek om 15:00 kragte met spanne van Malelane en Barberton by die Valencia Sportkompleks.

Hulle nooi Nelspruiters uit om die dag met hulle te geniet. Die toegangsfooi is R10 per motor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button