Gr. R-leerders kry hulp met skoolgereedheid
Hoërskool Nelspruit is betrokke by ‘n aantal omgeeinisiatiewe met die doel om ‘n tasbare verskil in die Laeveldgemeenskap te maak.

Skoolgereedheid is uiters belangrik, veral vir kleuters, en maatskaplike werker Nicolette Pruis en sielkundige, Hannelie Coetzee is albei bewus van hierdie onmiskenbare feit.
Hulle het op 8 Maart die Kiaat Ridge Kleuterskool aan die buitewyke van Mbombela besoek om die gr. R-leerders met skoolgereedheid vir 2020 te help.

Volgens Coetzee was die kinders uiteraard opgewone oor die verandering in hul daaglikse roetine en is die kuiergaste met ope arms by die kleuterskool verwelkom.
“Dit is ‘n pragtige kleuterskool waar die kinders baie mooi versorg word met die nodige kundigheid en liefde,” het Coetzee gesê.

Hoërskool Nelspruit is betrokke by ‘n aantal omgeeinisiatiewe met die doel om ‘n tasbare verskil in die Laeveldgemeenskap te maak en sodoende dié kleuters se opvoedkundige reis makliker te maak.
LEES OOK: Tied game for Nelspruit Ringball Club
Sielkundige voorbereiding vir kleuters wat volgende jaar op laerskool gaan wees, kan bepaal hoe goed hulle in die nuwe omgewing gaan aanpas en of die nuwe leermaterial ‘n uitdaging sal wees wat hulle kan aanvaar.
Soortgelyke inisiatiewe by ander kleuterskole in die omgewing sal bydra tot die ontwikkeling van bekwame laerskoolleerders wat gereed is om die volgende uitdaging in hul skoolloopbane met moed en toegewydheid aan te durf.
LEES OOK: Open day at Rob Ferreira Hospital
