Local newsNews

Nelspruiters vee veld met Tzaneen

Die wedstryd was fisies hard en met tye selfs onnodig geniepsig, maar die ideale voorbereiding vir albei spanne vir wie die ligaseisoen voor die deur lê.

Letaba-rugbyklub se eerste span het verlede Saterdag ‘n behoorlike rugbyles by Nelspruit gekry. Die Koedoes het Letaba 44-29 in hul jaarlikse vriendskaplike kragmeting in Tzaneen kafgedraf.

Volgens Nelspruit Post se susterkoerant, Letaba Herarld, was die wedstryd fisies hard en met tye selfs onnodig geniepsig, maar die ideale voorbereiding vir albei spanne vir wie die ligaseisoen voor die deur lê.

Ondanks die groot punteverskil het Letaba besonder goed vertoon teen een van die sterkste klubs in Mpumalanga. “Nelspruit is ‘n voedingsbron vir die Pumas en spelers wat aanspraak maak om vir die Pumas te speel maar dit net-net nie maak nie, draf vir Nelspruit uit,” skryf die Herald.

SIEN OOK: Pumas rugby team showcase their other talents on stage

Carel O’Niell.

Terwyl die tuisspan trost op sy vertoning kan wees, het Letaba deurgaans geleenthede deur hulle vingers laat glip, en ‘n hele paar drieë weens ‘n gebrek aan afronding weggegooi. Aan ongeduld op die aanval, was daar egter geen tekort, wat eindelik die span se ondergang beteken het.

“Dit is asof die snellers oorgretig raak en nie seker maak van aangeë en ondersteuning nie,” skryf die Herald.

Hoewel hulle agterlyn gewys het dat hulle met die beste kan saamgesels, het die voorhoede soms kleigterap. Die tweede span van Limpopo het ‘n groot voorsprong weggegooi en met 27 punte elk gelykop gespeel teen Nelspruit.

LEES OOK: Tied game for Nelspruit Ringball Club

Ook in dié wedstryd was ‘n gebrek aan afronding en klein foutjies op kritieke tye die tuisspan se grootste vyand. Minstens twee van Letaba se spelers is met ernstige beserings van die veld af. Diepte is by enige plattelandse klub ‘n uitdaging en by Letaba was dit geen uitsondering nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button