FOTO’S: In Afrikaans bring Jo Black na die Laeveld
Black het by die Nelspruit Rugbyklub opgetree.

MBOMBELA – Die organisasie In Afrikaans het beslis die hoop weer terug gebring toe hulle Saterdagaand vir Jo Black op die verhoog verwelkom.

Jan Bloukaas het voor hom opgetree en Stiaan Reynierse daarna en die gehoor kon nie genoeg kry nie.

“Dit is die heel eerste In Afrikaans-konsert hier maar dit is beslis nie die laaste nie,” het die organisasie se verteenwoordiger, Pippa Botha vertel.

Bloukaas was heel eerste aan die beurt en sy treffer. “Ek Hou Van Kaas, Bra” het oudergewoonte die gehoor op hul voete gehad.

LEES OOK: Louise Carver and Ard Matthews team up for concert
Daarna was dit Black se beurt.

“As daar een ding is wat ek en jy vanaand vir Mbombela, vir mekaar en vir Suid-Afrika kan doen, is dit om die hoop weer terug te bring. Een ding is seker, jy gaan nie die wêreld verander met ‘n oulike Facebook-inskrywing nie. Jy gaan dit wel verander met hart, karakter, liefde, simpatie, empatie en barmhartigheid.”

Black is met groot applous van die verhoog af en Reynierse was volgende aan die beurt. Hy het die gehoor op hul voete gehad met die een rock-treffer na die ander.
LEES OOK: Popular acapella groups coming to the Lowveld









