Local newsNews

R1 miljoen vir beveiliging van Graskop se rioolvuilaanleg

Belastingbetalers van die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit, waaronder Lydenburg, Graskop en Sabie val, moet bykans R1 miljoen opdok om hierdie dorp se rioolvuilaanleg te beskerm.

Die rioolverwerkingsaanleg, wat sowat 24 maande lank bykans in geheel buite werking is, gaan aan die einde van Junie met ‘n splinternuwe en peperduur veiligheidsheining spog.

Lance Gibson, wat onlangs as nuwe voorsitter van die Graskop Sakekamer verkies is, sê hy was geskok toe hy aan die begin van sy termyn ‘n ondersoek begin het om hom op hoogte van onder meer munisipale dienste te bring.

“Ons het vassgestel dat die rioolaanleg al vir bykans twee jaar glad nie in stand gehou is nie en dat die grootste deel van die suiweringsaanleg nie werk nie.

ALSO READ:Get the lift to a wonder world
“Daar is ook voortdurend probleme met die pompe wat veroorsaak dat riool onverwerk deur die aanleg loop en dan in die spruit wat stroomaf by die Sabiervier aansluit, beland.”

 

 

Volgens hom het hy ook ontdek dat daar sowat 18 maande laas enige chloor in die uitskotwater, wat uiteindelik in die Sabierivier beland, toegedien is.

“Ons het geen probleem daarmee dat ‘n veiligheidsheining om die aanleg opgerig word nie, maar om die peperduur Clear Vu-paneelsisteem teen R900 000 aan te bring, is ‘n grootskaalse vermorsing van belastingbetalers se geld,” sê Gibson.

ALSO READ:Tourism initiative lifts Graskop

“Dit sou baie beter aangewend kon word deur dit eerder aan instandhouding van die aanleg te bestee.”
Pogings om Sondele Shongwe, die wyksraadslid van Graskop waar die rioolaanleg geleë is, op te spoor was onsuksesvol.

Hy het egter vroeër in reaksie op ‘n Facbook-bladplasing van Gibson ontken dat daar enige probleme by die aanleg is.

Hy het ook sy misnoeë uitgespreek omdat lede van die publiek na willekeur na die rioolaanleg kan gaan, foto’s daarvan neem en dit op sosiale media publiseer.

 

 

“Onthou ons het ‘n verouderde stelsel en dit is oneties dat die werksaamhede van amptenary voortdurend deur die publiek gemonitor word.”

‘n Soortgelyke omheiningsprojek is onlangs by die vullisterrein van die dorp begin.

Dieselfde peperduur tipe heiningmateriaal word hier teen ‘n koste van R1,9 miljoen aangebring.

Ten spyte van verskeie ondernemings het Themba Sibya, woordvoerder van die stadsraad nie op geskrewe vrae van Laevelder gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button