Local newsNews

Nelspruit Eisteddfod hou inligtingsessie en werkswinkel

Albei vind hierdie naweek plaas.

MBOMBELA – Die 40ste Nelspruit Eisteddfod se inskrywings sluit oor bietjie meer as 40 dae op 17 Mei en alle kunstenaars word genooi om deel te neem.

As ekstra hulpmiddel vir die kunstefees bied hulle Saterdag ‘n inligtingsessie en werkswinkel aan.

“Daar sal ‘n geleentheid wees om vrae te beantwoord en algemene inligting oor wat die eisteddfod aanbied en behels, sal ook verskaf word. Ons moedig almal aan om dit by te woon,” sê Nelspruit Eisteddfod-voorsitter, Thea Möller.

Na afloop van die inligtingsessie, sal daar van 11:00 tot 13:00 ‘n Afrikaanse voordrag- en dramawerskwinkel aangebied word.

LEES OOK: Get ready for the 2019 Nelspruit Eisteddfod

Dié werkswinkel sal deur Claudette Theunissen van die Purple Curtain Drama Studio in Pretoria aangebied word en is veral gemik op privaat afrigters, tuisskoolafrigters en onderwysers wat betrokke is by die afdeling en afrigters is.

“Die doel van die kursus is om afrigters, voornemende afrigters, ouers en enige ander belangstellendes te voorsien van inligting met betrekking tot die verskeie items en onderafdelings waarvoor individue kan inskryf. Daar sal onder andere gefokus word op gesigspel, oogkontak en artikulasie,”

verduidelik Möller.

Kostes vir die kursrus beloop R100 per persoon en sluit verversings in. Skakel Marietjie Green op 082-450-9450 om jou plek te bespreek.

Die eisteddfod-inligtingsessie vind van 08:00 tot 10:00 in Laerskool Laeveld se personeelkamer plaas. Vir meer inligting en inskrywingsvorms, besoek nelspruiteisteddfod.co.za.

LEES OOK: VIDEO EN FOTOS: Nelspruit Eisteddfod 2018 gala-aand: Die kunste saam op een verhoog

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button