Laerskool Laeveld leerders beloon vir fondsinsameling
Die fondse wat vanjaar deur die leerders ingesamel is, gaan aangewend word om die skool se badkamers op te gradeer.

MBOMBELA – Die wenners van Laerskool Laeveld se jaarlikse pretloop wat op 18 Maart gehou is, is Maandag by die skool aangekondig.
Die geleentheid wat vanjaar die vorm van ‘n poeierverfwedloop aangeneem het, is een van die skool se grootste fondsinsamelings.
Hier ontvang elke leerder ‘n borgvorm waarmee hulle geld moet insamel om aan die wedloop te mag deelneem. Hulle word na afloop van die byeenkoms ook beloon vir hulle harde fondsinsamelingswerk.
LEES OOK: FOTO’S: Laerskool Laeveld familiekarnavaal
Die wenklasse was gr. 1A met ‘n bedrag van R14 300, terwyl gr. 1B tweede was met ‘n bedrag van R7 230. In die derde plek was gr. 2M met ‘n bedrag van R7 051.
Die wenklasse het elk ‘n gratis ete van hul keuse losgeslaan. Dit was egter nie net die klasse wat beloon is nie, maar ook die leerlinge wat die meeste geld ingesamel het. Hulle het elkeen met kontant en ‘n geskenkpakkie weggestap.
In die eerste plek was Wynand Wessels wat ‘n volle R4 000 ingesamel het.Gesamentlik in die tweede plek was die twee boeties Jacques en Heinrich Kritzinger met R1 450 elk.
LEES OOK: Laerskool Laeveld’s excellent achievements at this year’s eisteddfod
Derde was Kirsten Montgomery met R 1 200 en gesamentlik in die vierde plek was Mieke Richter en MJ Fouché met R1 100 elk.
