Local newsNews

Skaakspelers meet kragte by Rob Ferreira

Altesaam 151 spelers het aan die toernooi deelgeneem.

‘n Suksesvolle skaaktoernooi is op 6 April deur Hoërskool Rob Ferreira aangebied.
Altesaam 151 spelers van die Laeveld (waarvan 22 van Rob Ferreira self) het deelgeneem.
Joshua van Heerden, Johan Odendaal en Michiel Eksteen het koning gekraai in die A-afdeling. Mieke Pauer het stof in die ander dogters se oë geskop om as beste dogterspeler in dié afdeling uit die stryd te tree.
Manqoba Mathebula, Abdul-Samad Patel and Samuel Mcintosh het die eerste drie plekke in die B-afdeling gevul. Juane Boshoff (sesde) was die dogter wat hier die beste gevaar het.
In die C-afdeling het Lindokuhle Fulane, Gregory Pilani en Emmerentia Booysen geseëvier, terwyl Rasivhetshela Shandu (vierde) ook die beste dogterspeler was.
Die D-afdeling is deur Regardt Kotze gewen met Bertus Joubert en Luyanda Shinavane tweede en derde. In hierdie afdeling was Makanaka Makamure (vyfde) weer die beste dogter.
Banele Mhango het die ope afdeling gewen, Dumisa Nkosi was tweede en Pfumi Maluleke derde.
Skaakspelers trek eerskomende Saterdag weer by Curro Nelspruit saam om hul vernuf teen mekaar te toets.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button