Local newsNews

Dié onderonsie is voorwaar ‘n wenspan

Hoërskool Bergvlam se glanstydskrif, Die Onderonsie, se redaksie het by OH Frewin Printers meer geleer oor die drukproses. Daar is vanjaar 31 joernaliste wat aan

Die Onderonsie werk. Bergvlam se eie skoolblad is die eerste keer op 9 Junie 1987 gepubliseer en word hierdie jaar vir die 32ste jaar in ‘n ry uitgegee.

Joernaliste wat vir drie jaar deel van die redaksiespan is, word op die jaarlikse merieteaand met kleure beloon. Van vyf jaar se diens word spesiale vermelding gemaak en die bestuurspan word met boekpryse beloon.

Die 40-bladsy-tydskrif word deur die leerlinge vir die leerlinge uitgegee en al die berigte, foto’s en uitleg word deur die redaksiespan gedoen.

Aliya Omar is vanjaar die redakteur. Onderwysers Freddie Wells en Marina Koekemoer doen die taalversorging. Lindy Knowles is die ontwerper en Danielle de Lange die bermarkingsredakteur.

Die fotografie word hoofsaaklik deur Emma Nunes en Kayla Coetzee behartig. Joan van Tonder is die uitvoerende redakteur. Mandy Barnard is die bestuursredakteur en het reeds 10 suksesvolle uitgawes agter die rug.

Sy sê dit is vir haar ‘n ongelooflike voorreg om saam met so ‘n dinamiese redaksiespan te werk. “Hierdie meisies is voorwaar ambassadeurs vir ons skool,” het sy gesê. Die span werk reeds aan die volgende uitgawe wat vroeg in Mei beskikbaar sal wees.

Die ander lede van die redaksiespan vir 2019 is:

Alisia Reddy, Alix Kinnear, Anastacia Kontaxiz, Ané Braun, Anja Smit, Annie Britz, Bejanè du Plessis, Chanté Gordon, Christibeth Oliver, Erize de Lange, Ilanza van den Berg, Jacques Botes, Joshua Knoesen, Karlien Pienaar, Katie Gomersall, Lebogang Mokoena, Lehlogonolo Mamogobo, Lunga Nkosi, Luyanda Mahlalela, Maryke Pienaar, Mintirho Mashaba, Rochelle Harmse, Sameera Shaik, Shakti Pearson, Vanessa Ntlemo, Wenzile Mncina en Zelika van Wyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button