Local newsNews

WRK bring hulde aan ‘n ware klubman

"Hy het 'n besondere slag met mense gehad en altyd die spelers se welstand eerste gestel."

Witrivier Rugbyklub neem op Dinsdag 23 April hartseer afskeid van hul ondervoorsitter in beheer van spelersake. Sebastiaan Cogan (Basie) van der Merwe is Maandagmiddag skielik oorlede. Hy was 56 jaar oud.

Basie was ook die tweede span se afrigter en het al as voorsitter van die klub waargeneem.

Hy het sowat drie jaar gelede vanaf Roodepoort hierheen verhuis en dadelik gevra om by die klub betrokke te raak. Sedertdien het hy veral baie jong spelers vir die klub gewerf.

Bennie Pringle, hoof van afrigters, het hulde aan Basie gebring en gesê dat hy ‘n ware klubman was, geliefd en gerespekteerd onder al die spelers.

“Hy het ‘n besondere slag met mense gehad en altyd die spelers se welstand eerste gestel.”

Volgens ‘n huldeblyk op die groep se Facebook-blad was hy enig in sy soort en laat hy ‘n baie groot leemte.

Die klub het intussen ook besluit om hierdie seisoen aan hom op te dra weens die groot rol wat hy gespeel het om hulle tot een van dié topklubs in die provinsie te ontwikkel.

Sy gedenkdiens sal om 15:00 op die klub se paviljoen in Danie Joubertstraat plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button