EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Koos Kombuis tokkel op gehoor se hartsnare

Koos Kombuis, oftewel André le Roux du Toit is sonder twyfel 'n gunstelingkunstenaar in die Laeveld. Dit was beslis duidelik toe hy onlangs by The Pub opgetree het. 

MBOMBELA – Dit was die perfekte venue vir die gewilde rock ‘n roll-sanger. The Pub was propvol aanhangers wat hom in lewende lywe wou sien optree.

Koos Kombuis en The Pub se eienaar, Ettiene Coetzee.

Toe die oomblik uiteindelik aanbreek was die applous wat die musikant begroet het, oorverdowend.

Voor die optrede het hy ‘n jong egpaar op die verhoog genooi om lirieke wat hulle aanlyn bestel het, te oorhandig.

LEES OOK: WRK bring hulde aan ‘n ware klubman

Die aand was ook ‘n uiters besonderse geleentheid vir aspirantkitaarspeler Stefan van Zyl, toe Koos sy handtekening op sy kitaar gegee het.

Stefan van Zyl kyk opgewonde hoe Koos Kombuis sy kitaar teken.

Die verrigtinge was gou in volle swang en die Afrikaanse rockguru het losgetrek met wat ongetwyfeld ‘n gunsteling onder sy aanhangers is. Hulle het uit volle bors saamgesing met “Katie” en daar was versoeke dat hy die lied herhaal.


Terwyl hy die kitaarsnare tokkel, was daar ook ‘n paar grappies wat die gehoor laat skater het. Talle jongmense was ook by met hul ouers om die veelsydige musikant, digter en skrywer te sien optree.

LEES OOK: Witrivier se rugbyspelers sien uit na die Premier Liga

Koos het met emosie gesing en die repertoire wat hy aangebied het, is met ope harte ontvang van ‘n waarderende gehoor.

Afrikaanse musiek leef voort in ikone soos Koos. Sy teenwoordigheid op die verhoog en sy interaksie met die konsertgangers was opvallend.

Dit was ‘n aand wat nog lank sal voortleef in die herinneringe van Afrikaanse rockliefhebbers.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button