Legendariese oud-skoolhoof sterf tydens Paasnaweek
Corn Booyens (77) se gedenkdiens is Donderdag 25 April om 11:00 by die NG Kerk-Oos-gemeente in Modimolle.

Die geliefde oud-skoohoof van Hoërskool Nelspruit is Sondag na ‘n siekbed oorlede.
Corn Booyens was vanaf 1978 tot 2005 hoof van Hoërskool Nelspruit en is deur dr. Louis Swanepoel opgevolg.
Hy het diep spore in die gemeenskap getrap en met toewyding, harde werk en die ondersteuning van die gemeenskap, NHS tot ‘n spogskool ontwikkel.

Sy vrou, Rina, was ook vir baie jare ‘n leerkrag by Hoërskool Bergvlam. Die Booyens-egpaar het in Modimolle gaan aftree.
https://www.facebook.com/hoerskoolnelspruit/photos/a.735064969867997/2711507168890424
Hy laat sy vrou, drie kinders Hannes, Alida en Susan met hul gades en kleinkinders na. Huldeblyke vir Booyens het sedert Sondag op sosiale media ingestroom.
Sy gedenkdiens vind Donderdag om 11:00 by die NG Kerk-Oos-gemeente, 26 Magazynstraat in Modimolle, plaas. Vir navrae kontak Susan by 076-483-3302.
*Laevelder sal in Vrydag se uitgawe ‘n pragtige huldeblyk publiseer wat sy werk en lewe in die Laeveld uitbeeld.
LEES OOK: Hoërskool Nelspruit by Interhoër 2019.
