Local newsNews

Vlammies wys gees met KANSA Shavathon

Hoërskool Bergvlam se KANSA-debutante het Vrydag 12 April die skool se jaarlikse Shavathon aangepak.

MBOMBELA – Die tema vir vanjaar was “Hoop, skeer, sproei en skenk.”

Die Vlammies het behoorlik uitgehaal en wys en patrone in hul hare laat spuit en sommiges het sommer al hul hare laat afskeer.

Die leerlinge het ook ‘n civvies-dag ten bate van KANSA gehad.

KANSA-debutante, Danielle de Lange en die skoolorganiseerder, Alma Swart het die dag gereël.

Danielle het gesê dit is ‘n ongelooflike ervaring om deel te wees van die KANSA-debutante.

“Dit is elke jaar ‘n eer om te kan sê ons maak ‘n daadwerklike verskil in iemand se lewe.”

Sy is al vir twee jaar ‘n debutante.

“Die rede waarom ek ‘n debutante geword het, is om mense met kanker te motiveer en aan te moedig om aan te hou veg. Ek het ‘n vriendin verloor as gevolg van kanker en wil graag mense help om dit te oorleef.”

LEES OOK: The new principal with a plan for Bergvlam

Tasneem Moolla, ‘n debutante in gr. 12, wil ook ‘n verskil in ander se lewens maak.

“Ek wil siek mense krag en moed gee om aan te hou baklei.”

Sameera Shaik hou ook van die platform wat dit bied om ander te help.

“Dit is soveel meer as ‘n bewusmakingsprojek. KANSA se hoofdoel is om fondse in te samel vir navorsing. Hulle is basies superhelde.”

Thando Bhembe is in gr. 10 en het ‘n debutante geword weens haar passie om kankerpasiënte te help na haar ouma daaraan oorlede is.

“Ek is passievol daaroor om mense met die siekte te help om ‘n vol lewe te leef.”

Danielle het almal bedank wat by die dag betrokke was.

“Hierdie jaar werk ons hard en het baie projekte wat wag. Hou ons dop, want hierdie KANSA Vlammies kook.”

SIEN OOK: Interhigh 2019 – Hoërskool Bergvlam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button