Local newsNews

Groot talent te sien by mini-netbalfees

Die ouers wat aanwesig was, het die jong spelertjies luidkeels toegejuig.

Laerskool Bergland se netbalbane het verlede week oudergewoonte gewemel met talent tydens hulle jaarlikse mini-netbalfees.

Suandrie Sutherland.

Honderde spelertjies, van onder meer laerskole Bergland, Witrivier, Nelspruit en Laeveld, het die toeskouers op die punte van hulle stoele gehad, en hoewel die dag meerendeels poog om die liefde vir die sport te ontgin, het die ouers die jongspan nogtans luidkeels toegejuig.

Oratile Mgwenya.

LEES OOK: Legendariese oud-skoolhoof sterf tydens Paasnaweek

So ‘n netbaldag is volgens die organiseerder Liza Koen, die ideale geleentheid om die sport aan die jongspan bekend te stel, en hopelik die spelertjies te motiveer om aan te hou speel en die sport sodoende te help groei.

Charlize Burger.

LEES OOK: Veggies and trees to beautify city centre

“Studies dui aan dat kinders wat aan sport deelneem, meer geneig is om suksesvol as grootmense te wees,” sê Koen.

Die wedstryde is gewoonlik korter, word in ‘n kleiner doelgebied gespeel en geen telling word gehou nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button