Local newsNews

Eenheid is die wenresep

Die Nelspruit Krieket Klub het hierdie seison als gegee op die krieketveld.

Nelspruit Krieketklub was behoorlik op die voorvoet tot dusver en altwee die spanne het goed presteer. Hul eenheid op die veld het daartoe gelei dat hulle ‘n reputasie verwerf het as bekwame teenstanders wat nie skroom om hul beste optrede te lewer gedurende wedstryde.

Die eerste span het hul titel as kampioene in die Mpumalanga-premierliga vir die derde jaar in ‘n ry teen waardige teenstanders verdedig. Twee spelers het ook individuele erkenning ontvang vir hul vaardigheid op die veld. Bernard Vorster het ‘n toekenning as beste kolwer ontvang, asook vir die mees veelsydige speler.

Die tweede span bouler van die jaar, Matthew Glass.

LEES OOK: Father and son arrested over rhino horn, firearm and ammunition

Vorster het 717 lopies vir die seisoen verwerf met ‘n gemiddelde lopietelling van 59,80 per wedstryd. Hy is beslis nie ‘n speler wat op sy louere rus nie en het ook 20 paaltjies geneem. Sy spanmaat, Reyno Kruger is as beste bouler aangewys nadat hy 17 paaltjies losgeslaan het met ‘n gemiddelde koers van 15,18.

Die klub se tweede span het ook ‘n ongelooflike seisoen beleef en het onlangs Ehlanzeni se promosieliga gewen. Hulle het ongelukkig in die finaal verloor en het dus tweede gekom in die provinsie. Drie spelers van die tweede span is beloon vir hulle bydrae gedurende die seisoen.

Junior speler van die jaar, Regard du Preez.

Eugene van Wyk, Matthew Glass en Francois Eloff is vereer en onderskeidelik gekroon as beste kolwer, beste bouler en beste veelsydige speler. Van Wyk het 255 lopies aangeteken teen ‘n gemiddelde 31,80 lopies per wedstryd, terwyl Glass 18 paaltjies verower het met ‘n koers van 11,94 per wedstryd.

LEES OOK: Vlammies wys gees met KANSA Shavathon

Klubman van die jaar – Lourens Labuaschagne.

Eloff het 101 lopies aangeteken en 16 paaltjies verower. Die klub se bestuur het hul dank uitgespreek teenoor die klub se borge en ook Hoërskool Bergvlam vir die gebruik van hulle velde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button