Local newsNews

Feesgangers vat vanjaar vlam met Blits-Bos-braai

Innibos se program is reeds bekend en kaartjies vir die feesterrein sowel as die produksies verkoop flink.

Innibos-feesgangers wat afgehaal was omdat daar nie vanjaar ’n Minibos is nie, kan maar die partytjieskoene aantrek vir ’n jolige Blits-Bos-braai waar die feesvuur letterlik gaan vlam vat vir 2019 se Inniboskunstefees van 26 tot 29 Junie.

Ricus Nel, Refentse en Pieter Smit gaan die partytjie lekker woema gee, en die heel lekkerste is dat die konsert oudergewoonte gratis aangebied word. Bring ’n tjoppie of drie in jou piekniekmandjie, want daar gaan meer as genoeg braaivleisvure asook ’n kosstalletjie en ’n kontantkroeg wees.

LEES OOK: More burglaries than accidents over the Easter weekend

Refentse.

Innibos se program is reeds bekend en kaartjies vir die feesterrein sowel as die produksies verkoop flink. Daar gaan dus nie te veel gepraat word tydens die braai nie. Innibos gaan wel sommige van die lekker feesverrassings en nuwighede verklap waarna feesgangers kan uitsien.

LEES OOK: Legendariese oud-skoolhoof sterf tydens Paasnaweek

Pak jou mandjie, bring jou stoel en kom kuier lekker saam. Dis presies 30 dae voor die eerste feesaktiwiteite afskop en almal is reeds vuur en vlam vir Innibos 2019. Die Blits-Bos-braai word om 18:00 Vrydag 24 Mei by Hoërskool Bergvlam gehou.

Pieter Smith.

Daar word 20 spesiale braai-areas vir maatskappye opsy gesit. Bespreek dié braaiplekke by Alison Linde by Innibos by 013-741-5294. Kry die volledige program by www.innibos.co.za en kaartjies by Computicket of Innibos-kantoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button