Local newsNews

VOORSKOU:Kunstenaar se werke glo in China gedupliseer

'n Plaaslike kunstenaar het waarskynlik derduisende rande verloor nadat van haar kunswerke na bewering deur 'n Chinese maatskappy gegaps en gedupliseer is.

Marietjie Henning (70), voormalige kurator van die kunsgalery van die Mbombela-munisipaliteit, het onlangs ontdek dat afdrukke van haar werk deur onder meer DHgate.com, ‘n Chinese aanlynhandelaar, verkoop word.

Henning het oor die jare veral naam gemaak met haar helderkleurige skilderye van dansende en werkende Afrikavroue.

Dit is juis dié afdrukke wat op materiaal gedupliseer is en wat vir die maak van kussingslope en strooikussings gebruik word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button