Local newsNews

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Sitrusfees

Wanneer die winter nader kruip weet inwoners van Burgersfort en die vallei dat dit tyd is vir die jaarlikse Sitrusfees.

 

Vanjaar beloof die fees wat op 25 Mei by Waterval CVO-skool gehou word, weer heerlike vermaak. Besoekers kan ook uitsien na ‘n verskeidenheid van kosstalletjies met allerhande lekkernye en smulhappies.

Op die program is boeresport, ‘n potjiekoskompetisie, kaskarresies en vele meer. So kry jou span gereed, olie die potte en kom neem deel

‘n Nuutjie is die plaaspretdraf vir almal wat die litte bietjie wil losmaak voor hulle die fees geniet.
Jy kan ‘n afstand kies wat by jou fiksheidsvlak pas: ‘n 2 km-, 5 km- of 10 km-draffie.

Gedurende die dag gaan daar volop vermaak op die verhoog wees.
En jy hoef jou nie te bekommer dat jy jou gunstelingrugbyspan se wedstryd gaan mis nie. ‘n Groot skerm word op die feesterrein opgerig sodat die manne vir hulle spanne kan skreeu

Die meeste mense is egter in hulle noppies dat hulle die groot trekpleister, sanger Arno Jordaan in lewende lywe gaan sien. Maak seker jy kom vroeg en kuier tot laat, dis ‘n fees wat jy nie wil misloop nie.

Die hekke open om 09:00. Toegang is R150 vir volwassenes en R50 per kind. Onthou om jou kampstoel en kombers te bring.
Navrae: Mariaan by 076-179-8650.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button