Braai laat geesdrif vir fees nog hoër opvlam
Die skare het met elke liedjie van die kunstenaars saamgesing en die atmosfeer was vrolik.

Die jaarlikse Innibos Nasionale Kunstefees vind vanjaar vanaf 26 tot 29 Junie plaas. Die fees is al vier keer as Fiësta se Fees van die Jaar aangewys en geniet groot ondersteuning onder Mbombelainwoners. Voor die fees amptelik afskop, is daar gewoonlik ‘n reeks pretaktiwiteite.
Die Blits-Bos-Braai is deel hiervan en het Vrydagaand op Hoërskool Bergvlam se sportgronde plaasgevind. Mbombela ontvang hierdie tyd van die jaar talle besoekers uit elke hoek van die land wat graag deel van die fees wil wees. Talle kunstenaars wat besonders gewild is, tree op by die jaarlikse skouspel.

Ricus Nel, Refentse en Pieter Smith het groot applous van die gehoor ontvang toe hulle op die verhoog verskyn. Na sy optrede het Nel sy opgewondenheid uitgespreek om by die fees te wees.
“Net nadat ek optree by Innibos, wag ek vir die oproep om weer genooi te word. Dit is vir my ‘n groot eer om hier te wees.”
LEES OOK: We Care 4 Nelspruit remove illegal election posters
Die aromatiese reuk van die verskillende speserye het die lug gevul en die terrein het gewemel van trotse Laevelders wat die geleentheid bygewoon het. Die skare het met elke liedjie van die kunstenaars saamgesing en die atmosfeer was vrolik.

So ‘n geleentheid bied beslis die kans om te ontspan in ‘n familievriendelike omgewing wat geskik is vir alle ouderdomme.
LEES OOK: Almost time for this year’s Amazing Race
Andy Lubbe het sy dank uitgespreek teenoor die Laevelders wat elke jaar die fees lojaal ondersteun, asook die stadsraad vir hulle ondersteuning.
