Local newsNews

Dansvloere by vanaand se Huisgenoot Super Sokkie lok voete wat jeuk

Vir die eerste keer sedert Innibos se geboorte in 2004, gaan dansvloere vanjaar deel uitmaak van Woensdagaand se Huisgenoot Super Sokkie wat om 18:00 afskop.

Kurt Darren, Die Campbells, Snotkop, Jay, Lianie May, Ricus Nel, Juan Boucher, Liezel Pieters en, wag daarvoor… die een en enigste Klipwerf-orkes.

 

Laat die blote gedagte daaraan ook jou voete jeuk? Dadelik roep dit beelde op van paartjies wat op die maat van gewilde Afrikaanse popmusiek sokkie-dans. Gelukkig vir jou, dink Innibos se produksiespan net mooi aan alles, en kan jy vanjaar jou lus vir kaalvoetsokkie soos in die goeie ou dae op verskeie dansvloere blus.

Vir die eerste keer sedert Innibos se geboorte in 2004, gaan dansvloere, te danke aan Kurt Darren en een van die Campbell-broers Tony se idee, vanjaar deel uitmaak van Woensdagaand se Huisgenoot Super Sokkie wat om 18:00 afskop.

Die vervaardiging word deur Henré Bornman hanteer, wat reeds etlike jare deel van die produksiespan is en bekend is vir die vervaardiging van Hoërskool Nelspruit se produksies.

Hoewel hy nie te veel wil verklap nie, noem hy dat ‘n kajuit op die MSN KykNET Cruise, een van die talle pryse op die spel is. So as jy ‘n brandende begeerte het, strek jou arm uit na jou vrou, jou meisie of jou ma, en vat haar vir ‘n spin. Die vertoning begin om 18:00.

Adelene Niehaus, hoof van kunstenaarskakeling sê dat feesgangers hulself kan regmaak om te dans tot hulle tonge op die grond hang.

Kliek hier vir nog feesnuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button