FOTO’S: Nuutjie met detensiepret
Feesganers het besef detensie is glad nie 'n straf nie.

“Daar was eintlik net ‘n 100 kaartjies beskikbaar, so hierdie is eintlik ‘n sold-out show.” Só het Bouwer Bosch, hoofsanger van Straatligkinders Woensdagaand geskerts.
Dié groep het saam met Jan Bloukaas, DJ Bravo Dee en DJ Dean opgetree by die die fees se eerste “detensie”-geleentheid by die kykNET NOU! Rock Gigs.

Hoewel die bywoning effens skraps was, was die atmosfeer steeds elektries.
DJ Bravo Dee was eerste aan die beurt en het populêre treffers soos Someone like You en Party Rock Anthem gespeel.
ALSO READ: Exhibition brings message of hope
Daarna was dit die beurt van die immergewilde Jan Bloukaas. Dié jong sanger het verlede jaar die eerste keer by die fees opgetree en het ‘n groot groep jongmense getrek wat woord vir woord saam met sy treffers kykNET en Chill en Desember gesing het. Hy het sy vertoning afgesluit met sy treffer Ek hou van kaas bra.

Vir die eerste keer sedert 2013 het Straatligkinders toe die verhoog betree.
“Ons het twee groot helde, die bankrower André Stander en president Nelson Mandela,”
Het Bosch geskerts en die legendariese Straatligkinders-treffer, Gewonde Standbeeld aan laasgenoemde opgedra. Die groep het ook treffers soos Goliat, Kan ek met jou dans en hul weergawe van Kurt Darren se Kaptein gesing. DJ Dean het die aand afgesluit met ‘n versameling rock- en deep house-musiek.
LEES OOK: Tydlose treffers kry nuwe gees









