KYK: Nelspruit Care Buddies deel bederfpakkies uit by Pumalanga ouetehuis
Die organisasie het ook by dié tehuis in Mbombela inwoners se verjaarsdae gevier en afskeid geneem van een van die tehuis se werknemers.

MBOMBELA – Dit was driedubbel die pret toe die Care Buddies vir Pumalanga Ouetehuis Donderdag besoek het.

Op die geleentheid het hulle nie net drie inwoners se verjaarsdae gevier nie, maar ook afskeid geneem van een van die tehuis se susters, Sarie Parsons, wat 11 jaar lank daar werksaam was.

“Dit was die wonderlikste tydperk in my loopbaan van 57 jaar. Ek weet nie wat ek nou met my tyd gaan doen nie,” het Parsons, wat einde Junie afgetree het, laggend vertel.
LEES OOK: Care Buddies visit at Laeveldrus brings joy

Verder het die Care Buddies ook aan 26 mense bederfpakkies uitgedeel. Die inhoud van dié pakkies is gedurende Mei deur die Nelspruit en Witrivier Care Buddies ingesamel en word nou aan 600 bejaardes in verskillende ouetehuise uitgedeel.
https://www.facebook.com/lowvelder.co.za/videos/1086264034902015/
Pumalanga se Care Buddy-verteenwoordiger, Heide Lauterbach, het verduidelik dat elkeen van die bejaardes ‘n sakkie ontvang het met
onder andere skeermesse, seep, tandepaste en sneesdoekies. Die Care Buddies het al verduidelik dat dit benodighede is wat ‘n bejaarde
se pensioen nie maandeliks kan dek nie.

LEES OOK: FOTO’S EN VIDEO: Nelspruit Care Buddies bederf meer as 200 bejaardes
Saam met die toiletware is die inwoners ook met lekkergoed bederf en het hulle heerlike peuselhappies met ‘n koppie tee geniet.
Jacqueline Barnard het hulle met sang vemaak en hulle het saam gewieg en gesing met treffers soos “Que Sera Sera” en “Dis Waar Ek Wil Wees”.

