Uitdagings met gebaretaal by Mej. en Mnr. Dowe Wêreld, Europa en Asië
Die kompetisie vind vanaand, 19 Julie, by Communio Kerk plaas. Só gaan dit werk:

MBOMBELA – ‘n Internasionale kompetisie met die omvang van Mej. en Mnr. Dowe Wêreld, Europa en Asië bring verskeie logistieke uitdagings mee.
Die organiseerders Zané Jansen van Rensburg and Jacques Lombard is al sedert hulle in Februarie die lisensie gekry het om die kompetisie aan te bied, hard aan die beplan. Kommunikasie tussen deelnemers en organiseerders is maar een uitdaging, meer so omdat die deelnemers in gebaretaal kommunikeer, en daar verskillende gebaretale is.

LEES OOK: WATCH: Locals save international pageant after provincial government pulls out at last minute
Oorspronklik het hulle R70 000 begroot vir tolke, maar toe die provinsiale regering se ondersteuning wegval, kon hulle slegs op tolk Ronel Maree staatmaak. Daar is verskeie gebaretaalkommunikeerders (signers), maar Maree is die enigste een wat kan hoor. Die ander kry die boodskap van haar wat dit dan aan die deelnemers van die verskillende lande oordra. “Ons het slegs een tolk vir 22 deelnemers,” verduidelik Jansen van Rensburg.
Maree het bygevoeg dat, hoewel dit ‘n uitdaging is, mense wat gehoorgestremd is hul gebare aan sal pas om die ander in ag te neem.
Waarom gebaretale verskil
Die deelnemers kommunikeer met gebaretaal, hoewel dit volgens Maree net 80 persent universeel is. Maree kommunikeer in Suid-Afrikaanse gebaretaal. Sy verduidelik dat baie van die tekens wat gebruik word, geleen is van Amerikaanse en Britse gebaretaal.
“Daarom is dit baie dieselfde, maar daar is ‘n 20 persent dialekverskil en daarom het ons ander tolke ook nodig in die kompetisie. Sy verduidelik dat gebaretaal deur die dowe gemeenskap ontwikkel word. Toe daar is ‘n tsoenami was, is daar ‘n teken vir dit ontwikkel wat daar nie tevore was nie. Dieselfde het gebeur met iets soos WhatsApp. Die taal groei dus aanhoudend.”

Sy verduidelik dat daar wel al ‘n paar blapse was.
LEES OOK: WATCH: Do not miss out on the crowning of Miss and Mister Deaf World and Europe and Asia
“Die teken vir ‘jammer’ in Suid-Afrikaanse gebaretaal, stem ooreen met die teken vir toilet in Israeli gebaretaal. Ek het vinning agtergekom daar is ‘n kommunikasiegaping en het toe vir die Suid-Afrikaners verduidelik dat hulle hul teken laer moet wys om kommunikasie te vergemaklik,” verduidelik Maree.
