Nelspruit Care Buddies gaan kuier by Oranjezicht tehuis
Hulle beplan ook toere vir senior burgers na die Nasionale Krugerwildtuin en Badplaas.

MBOMBELA – Die Nelspruit Care Buddies het verlede Woensdag hul omgeetog by Oranjezicht Tehuis afgesluit.
Gedurende Julie het dié organisasie bederfpakkies by verskeie ouetehuise in die stad gaan uitdeel en ook verseker dat elke tehuis ‘n partytjie het wat hulle nog lank sal bybly.

Oranjezicht was geen uitsondering nie. Die tehuis se inwoners is met heerlike lekkergoed bederf en elkeen het natuurlik ook sy of haar eie pakkie ontvang.
LEES OOK: Nelspruit Care Buddies bring lag en gesels na SAVF Herfsakker
Hierdie omgeetog is egter nie die einde van die organisasie se planne nie. Hulle beoog twee uitstappies vir die jaar waarna hulle alle senior burgers uitnooi.

Op 7 September beplan hulle ‘n uitstappie na die Nasionale Krugerwildtuin wat bejaardes R70 gaan kos. Om meer hiervan uit te vind, skakel Heidi op 084-652-6717.
LEES OOK: PHOTOS: Nelspruit Care Buddies share at Rubicon and Macadamia Mataffin
Die tweede uitstappie is van 29 September tot 6 Oktober waar bejaardes vir ongeveer R2 800 ‘n heerlike tyd by Badplaas kan hê. Hiervoor kan Judy geskakel word by 083-790-6540.

