Local newsNews

Jong Curro-leerder skryf vir skool se toneelgeselskap ‘n tweede plek los

Die ontluikende dramaturg, Marni Swart, se debuutproduksie het onlangs groot lof by die ATKV-tienertoneelkompetisie se Ermerlo-streeksfees ontvang.

MBOMBELA – Marni se teks is verlede naweek by die fees opgevoer, en die toneelspan van die skool het ook ‘n algehele tweede plek verower.

Dit is slegs die derde jaar wat dié jong toneelliefhebbers aan dié kompetisie deelneem. Dit was ook die eerste keer dat Marni agter die regisseurstoel ingeskuif het.

“Juffrou Eugenie Wait was my mentor en ek kan regtig sê dat sy haar passie vir drama aan ons almal oorgedra het,” het Marni gesê.
Sy vertel sy het die teks, Talaiporia, op so ‘n manier geskryf dat dit mense emosioneel sal aanraak.

LEES OOK: Curro’s u/14 team reign supreme

“Die teks gaan oor iemand wat na ‘n eksklusiewe privaatskool toe gaan, wat daarna streef om tieners weer op die regte pad te bring, want sy wil nie meer ‘n mislukking wees nie. Na ‘n rukkie kom sy agter sy sal altyd ‘n mislukking wees, en al hoe sy dit kan vermy, is om haarself dood te maak. In die klimaks van die teks pleeg sy dan selfmoord,” het Marni verduidelik.

Sy beklemtoon dat sy glad nie selfmoord wil regverdig nie, maar eerder uitdagings wat tieners elke dag in die oë staar wil aanspreek.

Vir dié teks het Marni silwer ontvang, sowel as ‘n brons vir regie; ‘n uitmuntende prestasie as ‘n mens in ag neem dat toekennings by dié kompetisie uiters gesog is.

LEES OOK: Curro Nelspruit has a new head at the helm

Back to top button