
GRASKOP – ‘n Groot vuur noord van Graskop is Sondagaand eers bedwing. Daar is na bewering meer as 500 hektaar plantasie verwoes.
Lowveld and Escarpment Fire Protection Association (Lefpa) en Working on Fire het die brand vir twee dae bestry. Lefpa-bestuurder André Scheepers het gesê hulle het vyf spanne op die grond en nege vliegtuie: vier bomwerpers, vier helikopters en ‘n verkenningsvliegtuig, ingespan.
ALSO READ: Thousands pilfered from GRIP
Vrydag moes ses vliegtuie ook werk om brande rondom die Spioenkop-pad in Witrivier te blus. Volgens Scheepers het protesteerders die brande op plantasie en privaatgrond gestig toe hulle verjaag is.
Hy het gewaarsku dat mense baie versigting met vuur moet wees. “‘n Rowwe tyd lê voor van nou tot die eerste reën, wat hopelik vroeg in Oktober sal kom.”
