Local newsNews

Die gemeenskaplike oogmerk-leerstuk hou almal met opset verantwoordelik

Dit gebeur gereeld dat ‘n groep mense aan protesoptredes deelneem en daar dan verskeie misdade soos byvoorbeeld brandstigting, aanranding en moord gepleeg word. Wie word dan aanspreeklik gehou indien die skuldige dader nie na vore kom nie?

Mbombela – Meerdere mense wat saamspan om ‘n moord te pleeg, selfs diegene wat nie die doodskoot toedien nie, kan aanspreeklik gehou word.

Wanneer twee of meer mense in gemeenskaplike oogmerk optree om ‘n misdaad te pleeg en gesamentlik optree ter uitvoering van hierdie oogmerk, word die handeling van elkeen van hulle ter uitvoering van die oogmerk die ander toegereken. Dit staan beter bekend as die gemeenskaplike oogmerk-leerstuk

ALSO READ: Another setback for Lily and Barbrook mines with interdict

In die saak van (Garnsworthy 1923 WPA 17), het ‘n groep gewapende mynwerkers, Gansworthy inkluis, besluit om ‘n staking te reël en ‘n myn in Brakpan aan te val. By die myn word hulle voorgekeer deur ‘n beskermingsmag wat die myn beskerm en hulle skiet op mekaar.

Van die myn se beskermingsmag sterf agt mense. Die hof gebruik die bogenoemde leerstuk en bepaal dat almal teenwoordig in die protesoptrede skuldig aan moord is.

Dit is ‘n vereiste dat al die lede van die groep die opset moes gehad het om te moor en om mekaar by te staan in die pleging van die moord.

ALSO READ: Man vra geregtigheid vir Letisia

Die toerekening van die misdaad kan ander lede van die groep toegereken word, selfs al is dit nie moontlik om die bestaan van ‘n oorsaaklike verband tussen A se handeling en B se dood te bewys nie.

Vir die leerstuk om toepassing te vind, hoef daar nie bewys te word dat die betrokke persone in die groep almal in die presiese wyse waarop die dood teweeggebring sou word, voorsien het nie.

ALSO READ: How Lowvelder reports, the Bruce Whitehead-King story

Die konstitusionele hof het reeds in Thebus 2003 (2) SASV 319 (CC) beslis, dat die leestuk wel gronwetlik is. Skuld aan die kant van elke individu moet steeds bewys word, maar die handeling word die ander deelnemende lede toegereken.

 

For illustration purposes only.

 

‘n Bevinding dat iemand saam met ander lede van ‘n groep opgetree het ter uitvoering van ‘n gemeenskaplike oogmerk misdaad, kan gegrond word op ‘n persoon se aktiewe  vereenselwiging met die uitvoering van die daad.

Op ‘n aanklag van moord geld hierdie beginsel egter slegs, indien die aktiewe vereenselwiging plaasgevind het op ‘n tydstip toe die oorledene nog gelewe het, en voordat die dodelike wond toegedien word, deur ‘n persoon met wie se gedrag die ander lid van die groep homself mee vereenselwig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button