Local newsNews

ShotSpotter help veldwagters in KNP

Die internasionale maatskappy, ShotSpotter Inc, het onlangs aangekondig dat wapenskoot-opsporingstelsels in die park ontplooi is om die stropery van renosters en olifante te bekamp. 

Nuwe tegnologie kan moontlik wildbewaarders die oorhand gee, deur hulle in staat te stel om binne ‘n tydperk van ongeveer 60 sekondes aandag te gee aan ‘n renosterstropingsvoorval in die Nasionale Krugerwildtuin.

In 2014 het ShotSpotter ‘n loods met sy wapenskoot-opsporingstegnologie in die versterkte beskermingsone van die Krugerwildtuin begin, waar 60 persent van die laaste renosters oorgebly het, sê die maatskappy.

ALSO READ: Ruby the rhino dog starts work in SA

Ralph Clarke, uitvoerende bestuurder van ShotSpotter, het gesê dat gegewe die uitgestrekte gebied van die park, is die meeste stropingsvoorvalle voorheen nie betyds bespeur nie, en karkasse is eers dae, selfs weke, na ‘n insident gevind.

Rolspelers is baie opgewonde oor die nuwe tegnologie, en het gesê dat die gevolglike spoed en akkuraatheid van die reaksie nie net hulle kanse verhoog om kontak te maak en ‘n inhegtenisname te bewerkstellig nie, maar hopelik ook dat dit mettertyd ‘n kragtige boodskap aan stropers sal stuur om weg te bly.

ALSO READ: KNP lost 190 rhinos since beginning of 2019

Clarke het gesê dat hy eerstehands die verwoesting van die renosterbevolking in Suid-Afrika gesien het.

“Dit is betekenisvol dat ShotSpotter ‘n verskil kan maak om hierdie ongelooflike diere vir toekomstige geslagte te laat oorleef.”

Hy het bygevoeg dat hierdie soort betrokkenheid nie net die regte ding is om te doen nie, maar ook ‘n geleentheid vir ShotSpotter is om innoverende tegnologie te ontwikkel wat uiteindelik weer in kernprodukte in hulle onderneming opgeneem kan word.

ALSO READ: Hume to auction nature estate to save his white rhinos

Benewens die beduidende uitbreiding van die dekking in die park, beplan Clarke termiese toesigstegnologieë vanuit die lug vir vinnige ontplooiing tot die presiese koördinate van wapenvuur.

Die kombinasie van wapenopsporing en termiese toesig kan veldwagters help om stropers vinniger op te spoor en te onderskep.

“ShotSpotter moes sy sensors en sagteware aanpas vir gebruik in die uitgestrekte uitspansel van die Krugerwildtuin, met geen elektrisiteit beskikbaar vir kragsensors nie.”

“Hierdie soort stelsel-innovasies wat vir stroping nodig is, word reeds toegepas in sonkragsensors in snelwegontplooiings met beperkte toegang tot elektrisiteit,” het Clarke bevestig.

Die tegnologie het reeds hierdie jaar gelei tot die inhegtenisname van verskeie stropers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button