Local newsNews

Rommelverwydering en benaming van bome inspireer Landsdienslede

Laerskool Numbi se senior Landsdienslede het onlangs rommel rondom die skool en by die Fourwayssentrum opgetel.

Laerskool Numbi se senior Landsdienslede het onlangs rommel rondom die skool en by die Fourwayssentrum opgetel nadat hulle gesien het hoeveel rommel daar rondgestrooi was.

Die Landsdiensbeweging het ook sommer besluit om die skoonhou van hierdie gebied ‘n langtermynprojek te maak.

Die juniors van die beweging het daarna die blare, boombas en sade wat die groter kinders opgetel het, in handwerkprojekte gebruik deur bome op karton uit te beeld.

Dié projek is weer deur ‘n vorige uitstappie geïnspireer toe hulle die name van bome leer ken het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button