
Gateway Gemeenskapskerk se gholfdag verlede naweek op Kambaku Gholfbaan in Komati was ‘n groot sukses.
Lees ook:https://corridorgazette.co.za/299350/parkrun-plans-final-stages/
‘n Toyota Etios was op die spel vir die speler wat kolhou slaan. Niemand kon dit egter rekry nie.

Vyf-en-dertig spelers het deelgeneem en die spel was in individuele Stableford-formaat. Daar was goeie pryse te wen, soos setstokke en gholfsakke.

Lawrence Masiya se tweede plek het vir hom ‘n dubbelbed losgeslaan.

Na die eerste nege putjies se asemskep en ‘n versnapering, was daar darem ‘n kansie vir sommiges om vining op te vang met die telling tussen die Springbokke en die All Blacks.

Die dag is afgesluit met buffetete. Pastoor Billy van Niekerk van Gateway Gemeenskapskerk het al die spelers wat deelgeneem het, asook elke borg en al die helpers wat die dag moontlik gemaak het, bedank.

Uitslae:
Naaste aan die pen
• Putjie 16: Theo Stronkhorst
• Putjies 7/17: Harry Pretorius
• Eerste plek: Danny Cato met 42 punte op ‘n 6 voorgee
• Tweede plek: Lawrence Masiya met 40 punte
• Derde plek: Henk Grobler met 39 punte
• Vierde plek: Piet Maritz met 37 punte
• Vyfde plek: Chris Coetzee
• Sesde plek: Leandre Koen
• Sewende plek: Theo Stronkhorst
• Agste plek: James de Villiers
• Negende plek: Gerrie Kemp
• Tiende plek: Schalck Koedyk

