Kokkedoor-reis op ‘n einde vir Pieter, maar Anmar kan titel wen
Anmar Wilding (oorspronklik van die Laeveld) en Sonja de Beer kom môre in die finaal teen Wilhelmina Thirion Garção en Pasch du Plooy te staan om die Kokkedoor-titel te verower.

MBOMBELA – Donderdagaand was dalk die einde van plaaslike sjef Pieter Malan se Kokkedoor-reis, maar dit is nog lank nie die einde van sy storie nie.
Die toekoms wink en hy is blink, sê sy.
Malan en sy kookmaat, Ralph Farmer, is tydens die semi-finaal van kykNET se gewilde kookkompetisie huis toe gestuur.
Anmar Wilding en spanmaat Sonja de Beer kom môre in die finaal te staan om die Kokkedoor-titel te verower.
Malan sê hy sou dit nie anders wou hê nie – as hy die finaal moet misloop is hy bly dit is ten gunste van hulle.
“Kokkedoor het absoluut my lewe verander. Ek is hartseer dat ek nie in die finaal is nie, maar ek is tevrede met waar ek gekom het en hoe ek gegroei het in die kompetisie.
LEES OOK: Kook saam met Pieter
Malan, oftewel, ‘Pappa Chef’, het baie planne waaroor hy baie opgewonde is. In Desember bring hy ‘n resepteboek uit. Dit vertel sy lewensverhaal en is ook ‘n motiveringsboek met ‘n sterk Christelike agtergrond.
“Dit is ‘n bietjie anders as ‘n gewone kookboek, met unieke illstrasies.”

Aan die einde van die maand begin hy ook ‘n radioprogram waar hy gesels met vermaaklikheidspersoonlikhede – alles oor kos.
“Dit gaan oor hulle hartstories oor kos. Mense hou van kos-erfstories. Jy sal nie dink Pieter Smith is so ‘n foodie nie,” verklap hy oor een van sy gaste.
• Kokkedoor se finaal wys Donderdagaand op kykNET kanaal 144 om 20:00.
SIEN OOK: Lowveld Kokkedoor shares special recipe
