Local newsNews

Wenke om huisbraak te voorkom

Boewe sal gedurende die somermaande op die uitkyk wees vir oop deure en venters om hulle volgende buit te beplan.

Met die kwik wat styg gedurende die somermaande, vind daar ook ‘n toename in huisbrake plaas.

Volgens Gerhard de Beer, J&M Sekuriteit se skofbestuurder, het hulle die afgelope maand ‘n paar voorvalle gehad waar nalatigheid ‘n rol gespeel het.

ALSO READ: Nuwe toerusting kom die Laeveld handig te pas

De Beer het verduidelik van een geval waar ‘n kliënt nie sy vensters behoorlik toegemaak het nie. Die verdagtes het oor die erfheining gespring en reguit na die oop venster van die huis beweeg. ‘n Selfoon en plasma-televisiestel is deur die oop venster gesteel, sonder dat dit nodig was vir die verdagtes om in te breek.

In nog ‘n geval het verdagtes na ‘n bietjie verkenning van die omgewing, bespeur dat ‘n kliënt se motorhuis oop was. Hulle het nader beweeg en binne ‘n oogwink toegang verkry deur die motorhuis na die woning, waarna hulle die huis geplunder het.

ALSO READ: Divergent Ops Security armed response officer laid to rest

Die volgende paar wenke verskaf deur J&M Sekuriteit kan gebruik word met betrekking to huisbrake:

• Die meeste plaasaanvalle en huisbrake gebeur vroegaand, vanaf 19:00. Maak dus altyd seker dat die nodige hulpmiddels in plek is voor dan. Hou jou selfoon by jou en die paniekknoppie byderhand. Wees op hoogte van alle noodnommers wat geskakel kan word en toets jou alarmsisteem gereeld met die hulp van jou sekuriteitsmaatskappy.
• ‘n Hond is jou beste vriend. Luister as hulle begin blaf en maak kontak met jou sekuriteitsmaatskappy om ‘n voertuig te versend na jou perseel. Moenie jou deur oopmaak en self uitgaan nie. Inbrekers gebruik verskeie tegnieke om jou na buite te lok, om toegang tot jou huis te verkry.
• Maak seker alle vensters van jou woning is ordentlik toe ten alle tye.
• Maak seker alle gordyne is toe saans, sodat niemand jou doen en late van buite af kan dophou nie.

ALSO READ: Young science star gets her national gold

• Gebruik sekerheidsbeligting tot jou voordeel. Ligte moet weg van huis af skyn, met ander woorde, vanaf jou huis na buite. Boewe sal jou dan nie kan sien nie, maar jy wel vir hulle.
• Los altyd een of twee ligte binne jou woning aan in die aand, dit skep die illusie dat iemand steeds wakker en doenig is in die huis.
• Wissel elke dag jou roetine af en die roetes wat jy huistoe ry. Skurke tel baie vinning die roetines op en gebruik dit tot hulle voordeel.
• Moenie dat jou pos in die bussie ophoop nie. Dit is ‘n teken vir inbrekers dat daar niemand tuis is nie. Stel jou bure in kennis om daagliks die posbus skoon te maak en alles te verwyder terwyl jy op vakansie is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button