Local newsNews

Leilani se staptog bereik ‘n einde

Leilani Kuter se tog om vir 27 dae daagliks 27 km te stap oor die hele Suid-Afrika, vir bewusmaking en om geld in te samel vir vroue wat seksueel mishandel is, is afgehandel.

Leilani se reis het 16 September begin en sy het uiteindelik die laaste paar tree van die 729 km gegee by die Ruimsig parkrun in Roodepoort op 12 Oktober. Deel van haar reis was om op 9 Oktober 27 km deur Mbombela te stap. Sy vertel dat dit een van haar hoogtepunte was toe die prefekte van Hoërskool Bergvlam en Lowveld High School by die staptog aangesluit het, en dat die dorp ook nog verder kom ondersteun het.

“Ek het trane van geluk gehuil. Dit was so emosioneel. Die ondersteuning was ongelooflik,” sê Leilani.

Die uitdaging het gestrek oor vier provinsies en het oor 3 645 ure geneem om te voltooi. Sy het ook oor die 300 individue gehad wat haar ondersteun het.

LEES OOK: Leilani stap 27 km in Mbombela

Leilani is op die ouderdom van 17 wreed verkrag en het amper haar lewe verloor. Nou, 27 jaar later, stap sy om ander vroue wat dieselfde oorleef het, te bemoedig.

Sy het ook ‘n BackaBuddy-veldtog om jong vroue soos Uyinene Mrwetyana en Meghan Cremer te vereer, wat hul lewens verloor het weens geweld teen vroue. Hierdie veldtog het altesaam R237 110 ingesamel, met bydrae van 109 donateurs. Die veldtog gaan egter nog steeds aanhou, en Leilani hou aan om te hoop dat mense dit sal ondersteun.

Die fondse sal gebruik word om nood- troospakke op te maak wat vir jong meisies gegee kan word wanneer hulle seksuele aanranding rapporteer. Die fondse sal ook gebruik word om soveel moontlik vrouens te help wat rehabilitasie en berading nodig het.

Klik hier om ‘n skenking te maak.

LEES OOK: Leilani Kuter loop in geel deur Mbombela

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button