Local newsNews

Geliefde hoofbestuurder van die ou TSB oorlede

Fasie Kritzinger, wat in September 1965 aangestel is as die eerste hoofbestuurder van die eertydse TSB, nou RCL Foods, is verlede naweek oorlede op die ouderdom van 95 jaar in die Strand.

Kritzinger was ‘n ikoon in die Onderberg en het onder andere saam met Cargo Carriers en die Spoorweë die direkte aflaaimetode ontwerp. Die Spoorweë het aanvanklik houtpale aan die kante van trokke aangebring vir hoogte om suikerriet te laai.

Met die uittrek van die pale was die trokke lomp en Kritzinger se idee om staalkante te bou is in werking gestel. Dit was die eerste keer in die geskiedenis dat spesiale trokke vir die laai van riet vervaardig is.

Namens almal in die Onderberg wat vir Fasie Kritzinger geken het wil ons sterkte aan sy gesin en familie toewens in hierdie hartseer tyd.

LEES OOK: Onderbergers in Japan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button